Skip to content Skip to sidebar Skip to footer

[DOWNLOAD] "Moses 1 Aan Hom Wat Oorwin" by Louwrens Erasmus " Book PDF Kindle ePub Free

Moses 1 Aan Hom Wat Oorwin

πŸ“˜ Read Now     πŸ“₯ Download


eBook details

  • Title: Moses 1 Aan Hom Wat Oorwin
  • Author : Louwrens Erasmus
  • Release Date : January 20, 2013
  • Genre: Christianity,Books,Religion & Spirituality,
  • Pages : * pages
  • Size : 375 KB

Description

‘n Paar jaar gelede het die HERE die een Sondag voor die oggenddiens met my gepraat uit die Bybel, en vir my gesΓͺ ek moet alles wat Hy vir my sΓͺ, neerskryf. Die skrifgedeelte kom uit Jeremia 30 vers 2: "So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in 'n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het". My eerste gedagte was: "HERE, ek skryf alreeds al die preke af wat ek hoor, en vir my eie stiltetyd het ek ‘n boek wat ek gebruik om al my gebedsversoeke en spesiale woorde mee op te teken". Later die Sondag, terwyl ek soos ons gewoonte is, ‘n vleisie braai vir middagete, het die HERE ‘n fontein binne in my oopgemaak met gedagtes en vrae wat oor die volgende agtien jaar sou groei tot waar hulle vandag is.
Gedurende hierdie tydperk het daar ontsaglik baie in my lewe gebeur, maar die HERE het altyd met my gepraat oor Israel en hulle uittog uit Egipte, en dat dit ook vir ons as voorbeeld moet wees oor hoe ons as Christene by Hom moet uitkom. So het ek dan uiteindelik in 2001 besluit om vinger op te neem en voor die rekenaar stelling in te neem om te doen wat die HERE my destyds beveel het. Nou, terwyl ek besig was om die voorwoord te herskryf vir die hoeveelste maal, het ek vir die eerste maal weer gekyk na wat in Jeremia 30 staan. Ek moet erken ek het geweet dat die HERE my gevra het om te skryf, maar ek kon nooit die skrifgedeelte onthou waarmee die HERE met my gepraat het nie. Op die ou einde het ek afgekom op my oorspronklike boek waarin ek begin het om die artikels te skryf, en gelukkig het ek destyds die vers neergeskryf wat die HERE vir my gegee het. Terwyl ek in my elektroniese Bybel die vers opgesoek het, het ek skielik ervaar ek moet kyk wat sΓͺ vers 3, die vers na die opdrag, van Jeremia 30: 3 "want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sΓͺ die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem". Toe ek die vers sien, het ek skielik weer besef dat die HERE altyd getrou is, omdat die gedeeltes wat Hy met my oor gepraat het, altyd gegaan het oor Israel se trek uit Egipte uit, en hoe dit vir ons as voorbeeld moet dien. Dit is dan ook die vrae waaroor die boek handel en wat ek sal poog om te beantwoord, sodat ons as wedergebore Christene, die land in besit sal neem wat die HERE aan ons beloof het.


Free Books Download "Moses 1 Aan Hom Wat Oorwin" PDF ePub Kindle